KAMPTERREIN EN TENTE
Die kampterrein is geleë onder koelte bome langs 'n spruit sowat 1km van die dam oewer. Dit bestaan uit ses permanente tente. Daar is 'n verdere ses staan plekke vir kampeerders wat hul eie tente wil opslaan.
Daar is twee badkamers wat ten volle toegerus is met warm water storte (donkies) en toilette. Die unieke berg stort is ook n belewenis.
Die gemeenskaplike braai area is ideaal vir n gesellige kuier area en funksioneer ook as die "kombuis" vir kampeerders. Daar is ligte beskikbaar by die braai area, badkamers en tente sowel as beperkte krag vir kragpunte (sonpanele). Vries en Yskas geriewe is ook beskikbaar.
DSC_0108 | DSC_0128 | DSC_0130 |
---|---|---|
DSC_0131 | DSC_0033 | DSC_0031 |
DSC_0016 | DSC_0022 | DSC_0123 |
Die mimimun nagte vir verblyf gedurende vakansie tye is 2 aande.
Eksklusiewe Tent
Luukse tent met koning grootte bed.
Die tent beskik oor sy eie badkamer geriewe, braai area en is privaat.
Tent slaap 2 mense.
Volwassenes - R250pppn.
Tente - 4 Tente beskikbaar
Tent 1 - Koning grootte bed - slaap 2
Tent 2 - Dubbel bed met 2 enkel beddens - slaap 4
Tent 3 en 4 - 3 Enkel beddens - slaap 3 elk.
Volwassenes - R220pppn.
Kinders onder 12 - R150pppn.
Familie Tent -
Die Familie tent met 2 stapel beddens.
Volwassenes - R220pppn.
Kinders onder 12 - R150pppn.
Oop kamp staanplekke
Die lieflike ses oop staanplekke is ideaal vir kampeerders wat hul eie toerusting wil beproef.
Volwassenes - R150pppn.
Kinders onder 12 - R120pppn.