top of page

Aktiwiteite

4x4 ROETES

Daar is nagenoeg 28km se dubbelspoor plaas paaie. Die meeste van hierdie paaie is toeganklik vir 2x4 voertuie met genoeg grondvryhoogte en daar kan gemaklik gery word terwyl die natuurskoon bewonder word. Ander paaie is net toeganklik vir 4x4 voertuie.

 

Hierdie 4x4 paaie is egter die mees belonend aangesien dit lei na pragtige uitsigtige oor die Vanderkloof dam en die omliggende area terwyl dit 'n uitdaging bied vir die 4x4 entoesias.

 

Bergfiets Ry

Die plaaspaaie leen hulself toe vir beide maklike en meer uitdagende bergfiets roetes. Al die 4x4 paaie kan ook met 'n fiets aangedurf word, en neem jou tot by die mooiste areas op die plaas.

Stap geleenthede

Die plaas is ten volle beskikbaar vir uitstappies, daar is tans geen amptelike stap roetes maar verskillende opsies kan bespreek word met die eienaars.

Visvang en Voëlkyk

Die oewer van die Vanderkloof dam is bereikbaar met 'n 2x4 voertuig of nagenoeg 1km se stap vanaf die kampterrein. Hierdie deel van die dam bied uitstekende geleentheid vir die hengelaar. Daar is 267 spesies voëls in die gebied waarvan sommige endemies is. 

bottom of page