top of page

Welkom by Bankfontein

Bankfontein is n familie plaas geleë in die Suid-Vrystaat tussen Luckhoff en Philippolis en front nagenoeg 3km aan die Vanderkloof dam water vlak.  Bankfontein is sowat 55km vanaf die naaste dorp en het beperkte selfoon sein op sommige dele van die plaas. Alle elektrisiteit word verskaf deur sonpanele en 'n omsetter. Die plaas bied 'n unieke geleentheid vir die natuurliefhebber om weg te breek vir 'n tydjie en die pragtige Suid-Vrystaat natuurskoon te geniet. Die plaas beskik oor 'n ten volle toegeruste, private kampterein wat as groep bespreek kan word. Verskeie aktiwiteite is beskikbaar vir die meer aktiewe persone terwyl dit ook 'n ideale geleentheid bied net vir 'n blaaskans.  

 

 

3 (2).png
Kampering
Natuurskoon

Die Kampterrein is ten volle toegerus met badkamers en oop lug stort. Daar is tans 6 permanente tente en staanplek vir nagenoeg 6 self kampers.

Bankfontein is gelee in die Suid Vrystaat en grens aan die Vanderkloof dam.

bottom of page